
Beach Session
Dis vroegoggend toe ek by die paaltjies stop. Ryno & Yolandi is met vakansie en het besluit dat dit nou ‘n goeie tyd sal wees vir foto’s. ‘n Beach Session. Dis die perfekte dag. Die mis trek reeds terug oor die see en windjie speel-speel oor die branders. Ek klim uit, en haal diep asem. Die stil oomblikke voor ‘n shoot is vir my heilig. In ‘n wêreld met geraas, is dit hierdie sekondes wat ek gebruik om net asem te haal. Stil te wees. Ek merk die Otjiwarongo motor langs my op – dis tyd om oor te gaan in aksie.
Yolandi kies om die duine eerste te doen. Ek trek my skoene by voorbaat uit. Duine en skoene werk nie vir my nie. Maar hierdie twee besluit om dit te waag. Dit werk en ons begin foto’s neem. Hulle is my proefkonyne vir ‘n paar nuwe tegnieke en die sessie vorder sommer baie goed. Toe hulle moeg ge-op en af is teen die duine, nader ons die strand. Dis laag water en die strand is silwerskoon. Skoene uit, begin ons neem. Hoe langer ons neem, ons gemakliker raak hulle en hoe mooier die foto’s. Ek weet by voorbaat dat ek gaan sukkel om hierdie foto’s te sorteer… en ek doen. Daar is genoeg foto’s dat ek ‘n hele sessie net in wit en swart kan opsit.
Ryno, Yolandi – dankie vir hierdie shoot. Vir die “game” wees. Die lekker lag en lekker speel. Julle is awesome! En maak baie mooi kiekies!
More Namibian Photo Shoots...


