family-photo-shoot-in-sossusvlei-namibia, image of family in deadvalley by mariette du toit photography

'n Impromptu Familie "Sessie"

Dit was seker ook nie rerig ‘n familie sessie nie. Ek het immers my lyf oor die vuurwarm duine gesleep en gehoop dat Eilja se wolkie so groot soos ‘n vuis van iewers af sal opkom. Maar tevergeefs. Dit was warm en die genade min. Ek het my wel verkyk aan hierdie familie wat so oor die duine geklouter het. (Party selfs kaalvoet in daai rooi-warm sand.) Jonk en oud. Almal saam. Een groot familie. Nie een klagte oor die hitte nie. Of oor die ver nie. Eks nie seker of dit FOMO was en of dit rerig ‘n familie is wat van saam-doen ken nie. Ek vermoed dis dalk ‘n kombinasie van die twee.

Nodeloos om te sê, hier is so paar fototjie’s waar ek dit reggekry het om lank genoeg te fokus om die regte knoppie op my kamera te druk. Wat wou – ek moet seker evidence hê van hierdie Desember familie “sessie” in Dooievlei op die hitte van die dag!

An Intimate Wedding in the Namib Desert

Ek weet regtig nie wat om van hierdie troue te sê nie. Hierdie familie is net anders. Die samekoms van families. Dat twee families bereid is om so ver oor die grens, na die middel van nêrens, op verlate vlaktes bymekaar te kom, om hierdie twee mense se liefde aan mekaar te vier, sê baie van beide die families en die couple ter sprake. 

Ek kannie eers sê “godverlate vlaktes” nie, want God was hier so teenwoordig soos die wind se ritseling deur ons hare en die sterre aan die hemelruim, toe die son sy krag verloor het. Dit is nie die eerste keer wat ek hier ‘n troue afgeneem het nie. Dit was nie my eerste family shoot of elopement nie. Maar dit was wel die eerste keer wat ek so geanker gevoel het. So tuis gevoel het. So teenwoordig gevoel het. 

Hans en Ranelda het die laaste een van hul gaste in trane gehad. (Photographer included). Mooier kon dit onmoontlik wees. En die lig… o die lig… dit het golden hour geword, en dit het blue hour geword… maar vir mooier kon ek nie vra nie. My bene was lam, my oë moeg en droog, maar my hart was vol. Vol dankbaarheid vir die mooi wat ek kon beleef. Vir die mooi wat ek kon afneem. Deel van wees. 

En die volgende dag moes ek weer oor daai vuur warm duine klouter na bome wat vrek lank al dood is. Wat is dit met daai bome wat mense so aantrek? Ek wonder self, want elke keer as ek oor daai laaste bult gestrompel kom, dan gaan staan ek mors dood stil. Van die hitte natuurlik. En die kort asem. En dan sien ek van voor af… die ongelooflike mooi. 

Ranelda
Dress: The Bridal Room, Pretoria
Ring: Minella
Shoes: Old Khaki ( wat is nou beter vir ‘n troue in die woestyn?!)
Make-up & Hair: Self
Flowers: Flower Garden – Tannie Maureen
Hans
Ring: Silvery South Africa
Watch: Woodish
Leather extras: Oak Leather Clarens
Officiant: Reino Lathleiff
Venue: Desert Quiver Camp
Food: Sossusvlei Lodge – Taleni Africa
Decor: Christelle @ Sossusvlei Lodge
Cake: Esthelle (Bride’s mother)
Thank you gift: Fudge in a jar – Vrek Lekker!

Photographer – Mariette du Toit Photography

You can be either very specific or just give me a date range...
Ask me your questions, tell me about yourselves, what you're envisioning, etc. The more information I have, the better I can help you plan!

Hi!

My naam is Mariëtte en ek is ‘n storie verteller. Of dit nou met my kamera is, en of dit nou met die pen is, ek vertel graag stories. Die mense wat ek raakloop se stories. Mense wat ‘n indruk maak. Of mense wat glo in my vernuf om hulle storie te vertel. 

Omdat ek hou van stories, sal ek graag joune vertel. As jy jouself in my stories raak lees, gemaklik iewers met ‘n boek op die skoot – of jouself in my foto’s sien – kontak my gerus. Ek hou van gesels. So kom ons doen dit – kom ons gesels.

marië[email protected]

How can I tell your story?

follow along...

@mariette_du_toit_photography

Photography

Mariëtte du Toit

I'M A BLEND OF EDITORIAL POSING AND DOCUMENTARY STYLE — TIMELESS, PERSONAL, EFFORTLESS, AND ENTIRELY YOU.

Sign up to my weird and wonderful email list for updates, specials and maybe a beautiful photo.

Don’t miss out on my next blog post