De Jager Family Session | Summer in Otjiwarongo
De-Jager-maternity-Session_summer-family-mariette-du-toit-photography

Somer in Otjiwarongo - En opgewondenheid oor 'n Nuwe Baba Boetie

Vrydag namiddag kry ek hierdie twee pragtige jongmense en klein Ayden in die veld. Mens kan die groen ruik en ek is seker, dat as ek lank genoeg stil sou sit, ek beide die gras sal hoor en sien groei. Die gras beweeg met al die lewe wat nou oral aan die hol is om die meeste te maak van die kos wat in oorvloed uitskiet. En dis in hierdie mooi wat ek die voorreg het om die De Jagertjies af te neem. In afwagting op die nuwe boetie wat moet kom, is hier ook lewe. Somme baie. Klein Ayden sit nie vir ‘n oomblik stil nie en kyk vir die kamera is nie vir fotograwe se kinders bedoel nie. (En daar is niemand wat beter verstaan as ek nie!). Ons begin in die diep skaduwees, want die son val vel op ons velle.

Dis minute, toe die lig sag en goud oor die groen begin val. Alles verander in ‘n sprokies wêreld. Ek weet, ek het minute om alles te doen wat ek moet doen. Teen hierdie tyd is die jongste model ook reg vir ‘n paar kiekies en dit word ‘n goue fotosessie. CJ word al hoe mooier soos die son al hoe sagter word en iewers in die agtergrond staan ‘n man met ‘n baie breë glimlag.

Dit bly ‘n voorreg om hierdie pragtige mensie af te neem – en dan is sy nog ‘n fotograaf ook. CJ – ek weet dis awkward voor die kamera en dan nog soveel te meer as jy swanger is… maar jinne, jy maak my werk vir my maklik. Dankie vir die voorreg om julle familie oomblikke te kon vasvang.

Convinced?

More Family Goodness

More Beautiful People

CALL ME TO START PLANNING YOUR DREAM PHOTO SESSION

+264 81 389 0244

Don’t miss out on my next blog post