Viljoen Maternity Session | Otjiwarongo
viljoen-maternity-session

Die Viljoens in Otjiwarongo

Aw en René se eerste swangerskap sessie bly een van my gunsteling foto sessies ooit. Die lig, die stof… als het net perfek saamgewerk. Skuif die horlosie 5 jaar aan, gooi vir William in die mix en hierdie sessie kry ‘n ferm eerste plek op my gunsteling familie/swangerskap sessies. Ek weet nie hoekom nie, ek weet nie wat die verskil was nie, maar hierdie foto’s is vir my net mooi. Mooier as mooi.

En dan is daar natuurlik AW na 2 yskoue biere. Ek beveel dit vir enige vrou aan wie se man nie entoesiasties is oor foto’s nie. Twee yskoue biere en hul is so mak soos lammetjies… en hulle geniet dit. Wen resep!

Dit voel nog steeds vir my vreemd as mense ‘n paar kilometers aflê om by my te laat foto’s neem. Dis ‘n voorreg wat ek sukkel om ten volle te verstaan, maar waarvoor ek, nogtans, oneindig dankbaar is. 

AW, René & William… ek kannie wag om die nuwe Viljoen-boetie te ontmoet nie en natuurlik af te neem nie. Dankie vir julle moeite met hierdie foto sessie en dat julle kans gesien het vir Otjiwarongo een baie warm Donderdag-namiddag.

 

More Family Goodness

More Beautiful People

CALL ME TO START PLANNING YOUR DREAM PHOTO SESSION

+264 81 389 0244

Don’t miss out on my next blog post