Van Zyl Family | Grootfontein
van-zyl-family_grootfontein_mariette-du-toit-photography
van-zyl-family_grootfontein_mariette-du-toit-photography

Familie Portrette in Grootfontein

Die Van Zyl Familie

HH820 Guesthouse is waar ek die Van Zyl familie ontmoet. Dit is verseker ‘n vreemde naam vir ‘n gastehuis, maar die oomblik as jy by die hek instap en die tuine lê voor jou uitgestrek, dan val die vreemd weg. Grootfontein is groen, no doubt. Maar hier, agter hoë mure, lê ‘n tuin wat my elke keer na my asem laat snak. Hier sal ek nie net kan bly nie, hier sal ek kan wegraak. In die bevoorregte posisie om hier te kon slaap na Morné en Nolené se troue, ontmoet ek toe vir Carlien en haar familie vroeg een Sondagoggend vir hul foto sessie.

Hierdie foto sessie kom al van Mei-maand af (ek dink) en weens onbeplande redes, moes ek die eerste rondte kanselleer. En as ek so na hierdie pragtige foto’s in HH820 se tuine kyk en die plaasfoto’s daarna op ‘n bewolke dag, is ek nogal dankbaar. Ek was nog aan te hap aan ‘n fantastiese ontbyt na ‘n lang-hoessende nag so op die einde van my stryd teen ‘n klouende bors-siekte, toe Carlien en haar familie my kom haal. Ons besluit om tog maar ‘n paar foto’s hier in die tuine by die gastehuis te neem. Daar is so baie plekke waar ‘n mens kan neem, dat ek sukkel om te besluit hoe en waar. Op die einde is die amper-afwesige son die bepalende faktor en ons spring weg. 

Nadat ons almal afgeneem het, groet ek my nou gunsteling gastehuis, en ek ry saam met Carlien-hulle na hulle plaas net buite Grootfontein. Die plaas is op ‘n pad wat ek nog nie voorheen gery het nie en die wêreld is vir my mooier as mooi. Dis nogal bewolk en die oop, ge-oeste landerye met die bruin-bruin beeste is vir my oog sommer net pragtig. Ons foto sessie is vir my amper te vinnig verby, maar my horlosie vertel vir my ‘n ander storie.

Ek weet dis tyd om huis toe te draai en nadat ek so bietjie met Carlien se ouers gesels het, besluit ek om die nuwe pad te ry. Dis die mooiste grond pad al kronkelend deur die berge en ek verloor my hart op hierdie groen en ruig wêreld. Toe ek die teerpad tref is my voet skielik swaar en my hart baie angstig om terug te kom by my drie manne. 

Ek besef as ek na hierdie foto’s kyk, kan ek maklik hierdie sessie “As Familie Portrette Pret Is” genoem het. Baie dankie Carlien dat jy meer as 3 maande gewag het vir my om op Grootfontein te kom draai. 

'n Tuin om Fairies in te Soek...

Beeste, Mielies en Vellies

 

More Awesome

Family Sessions

More Beautiful People

CALL ME TO START PLANNING YOUR DREAM PHOTO SESSION

+264 81 389 0244

Don’t miss out on my next blog post