Haensel Family | Summer Session
haensel-family
haensel-family

As die hane harder kekkel as die henne

Ek het die eerste keer vir Karola afgeneem as Matriek meisie by haar Graad 12 Afskeid, maar nie een van ons het dit eintlik eers geweet nie. Dis eers ‘n paar jaar later toe ek deur daardie jaar se foto’s gegaan het, dat ek vir Karola tussen die ander kinders herken het… wat ‘n heerlike verrassing?!

Nou ja, tyd loop aan en nie baie lank gelede nie, toe neem ek vir JP en Karola af terwyl hulle vir kleine Leah wag… en kort daarna, die pragtige Leah. En wat ‘n opwindende fotosessie was dit nie?! Leah het my behoorlik laat spring. Dis nie baie fotograwe wat kan claim dat hulle aksie foto’s tydens ‘n newborn sessie geneem het nie!

Dit was dus vir my ‘n heerlike voorreg om weer vir Karola en JP af te neem, maar hierdie keer saam met Karola se familie om haar ma se verjaarsdag te vier. En hoewel die Haensels nie juis mal is oor foto’s nie, dink ek nie hulle het te sleg gedoen nie. As ‘n sidenote wil ek byvoeg dat al is die manne in die minderheid in hierdie familie, laat hulle nie op hulle wag nie en het hulle gesorg vir hope tussen-in oomblikke wat ek probeer vasvang het waar ek kon. Soms was ek ietwat stomgeslaan en het amper die oomblik gemis. 

So geniet die Haensels en as jy ‘n familie sessie wil boek, wag asseblief tot Januarie as alles mooi groen is. My portfolio kort so bietjie kleur en siende dat ek Januarie die groot…. 4o’s slaan, kort ek sakgeld om te dit celebrate.

summer-family-session_otjiwarongo_mariette-du-toit-photograhy
summer-family-session_otjiwarongo_mariette-du-toit-photograhy
bushveld-family-session_otjiwarongo_mariette-du-toit-photograhy
bushveld-family-session_otjiwarongo_mariette-du-toit-photograhy
bushveld-family-session_namibia_mariette-du-toit-photograhy

Jump into the world of Mariëtte and her boys or follow along on Instagram.

More Beautiful People

CALL ME TO START PLANNING YOUR DREAM PHOTO SESSION

+264 81 389 0244

Don’t miss out on my next blog post