Grundeling Wedding | Grootfontein
morne-and-nolene_grootfontein-wedding_mariette-du-toit-photography
morne-and-nolene_grootfontein-wedding_mariette-du-toit-photography

Grundeling Opskop

As ‘n diere liefhebber is dit seker nie snaaks dat troues met diere my bybly nie. Soos die troue waar die strooijonkers besluit het om die skapies wat heel rustig oppad water toe was, te vang. Of die verskriklike uitdagende (of net befoeterde) seekoei op ‘n bootrit in die Kavango toe ons die bruid en die bruidegom moes afneem. Ek het al heelwat troues afgeneem waar daar ‘n hond teenwoordig was en Morné en Nolené se troue sal my ook dan by bly… 

Nolené het sommer uit die staanspoort vir my gesê; “Tannie! Tannie, ek soek nie ‘n tradisionele troue nie. Ons gaan die couple foto’s sommer vroeg-vroeg doen.” En so was dit dan ook. Ek het vir Nolené by die pragtige HH280 Gastehuis in Grootfontein ontmoet. Dieselfde gastehuis waar ek haar nou-skoonsuster ontmoet het. Hierdie gastehuis is ‘n moet vir Grootfontein verblyf. As die tuine nie jou knieë lam maak nie, sal die 7 generasies se hout meubels in die huis jou van jou voete afslaan.

Maggie van Gussy Up was so ampertjies klaar met haar kunswerk toe ek in aksie oorgaan en hierdie nimf-mooie meisie begin afneem. Op die bed het ma-Jakkie geduldig gesit en wag met haar skoothondjie. Ek vermoed hierdie klein 4-voet moes Jakkie se hart kom vol maak toe die huis leeg geloop het, want hierdie 4-voet gaan ORAL saam.

Net na die aantrek is is ek met die bruid en die bruidegom weg na Nolené se familie plaas. Hier wou sy tussen die appelblaar bome foto’s neem en mensig, is dit vir jou mooi bome. Net een in my tuin sou my hart redelik vol maak en my huis toegooi onder sy skaduwee. Maar dis nie hoekom ek hierdie troue vir baie lank sal onthou nie. 

Op die plaas is sy tuis…

So met die grondpad langs sien ek die beeste in die nou, gestroopte, mielielande wei. Toe hulle Morné en Nolené se bakkie erken, het hierdie beeste, groot en klein, begin spoed maak om by haar uit te kom. Sien, onder hierdie beeste, was kalwers wat Nolené met die hand groot gemaak het. Om te sê hulle wat oorstelp van vreugde om haar te sien mag dalk net in die kol wees. Omdat Nolené se hele troue se tydslyn beplan was rondom die beste tyd vir hierdie foto’s, het ons baie goeie lig gehad en kon ek sonder om te aarsel die knoppie druk tot my vinger gekramp het.

Die Grundeling / Steyn opskop

Die Grundeling troue was nie groot of fancy nie. Maar dit was intiem en die kuiers was inhaal-kuier, boere-kuiers, gesels-kuiers. DJ Frikkie het hom baie goed van sy taak gekwyt en die dansvloer was sommer vinnig blink geskoffel. Tussen-deur het Kalkfontein se kombuis gesorg dat almal met nuwe krag en energie die dansvloer kan betreë terwyl die kroeg geen tekort gehad het aan baie warm en dors kliënte nie.

Morné en Nolené – vir julle twee wens ek baie gelukkige en gesonde kalwertjies toe. Die met 4-voete en met 2-voete. Mag julle 2 so saam-saam die boerdery geniet en saam, gelukkig oudword in die wêreld waar julle groot geword het.

Grootfontein – dit was lekker! 

Ceremony | Neder-Duits Hervormde Kerk

Reception | Kalkfontein

Accommodation | HH820 Guesthouse

Florist | Ilala Flowers

Hair & Make-Up | Gussy Up

DJ | Frikkie Oosthuizen

Cake | Juanita vd Berg

Photographer | Mariette du Toit 

More Beautiful People

CALL ME TO START PLANNING YOUR DREAM PHOTO SESSION

+264 81 389 0244

Don’t miss out on my next blog post