Die Burger Bende | Outjo | Moria Matriek Afskeid

Die Burger Bende

Ek het nog altyd gewens ek was deel van ‘n tweeling. Daar is iets magies aan die band tussen ‘n tweeling; identies of nie. En hierdie broers, sonder dat hulle dit weet – het dit ook.

As fotograaf hoop ons altyd vir ‘n fotogeniese couple of sessie. Maar wanneer ons ‘n dubbele sessie doen en almal is so fotogenies dat jou vinger vasgeplak is op die “shutter” dan weet jy  – you’ve struck gold. Hierdie hele familie – dates included – shine. Hulle mooi kom van binne af en skyn uit na buite. Dis soos daai liggie wat ons soms onder die emmertjie probeer wegsteek – die Burgers het lankal moed opgegee – hulle liggies skyn. 

Ek wil ook spesiaal vir tannie Elize dankie sê vir haar stunning tuin (wat net ‘n paar dae daarna deur die hael verpletter is). Sy het my groot behoefte om in ‘n groen tuin in Outjo foto’s te neem, beantwoord. 

 

More Farewell Sparkles

More Beautiful People

CALL ME TO START PLANNING YOUR DREAM PHOTO SESSION

+264 81 389 0244

Don’t miss out on my next blog post