Grundeling Family | Farm Session
grundeling-family_otjiwarongo_mariette-du-toit-photography
grundeling-family_otjiwarongo_mariette-du-toit-photography

The Grundeling Family

Sjoe. Ek het al gister gedink aan al die memories saam met hierdie Michelle-mens, en dit wil vir my voorkom, dat hoe nader ons aan 40 kom, hoe meer word die goue oue oomblikke opgeroep.

Ek onthou van vrek warm middae in ‘n Accounting Klas. Ons was nie veel nie en die meeste van ons was hier gestrand, want vakke soos fotografie, houtwerk vir meisies of huishoudkunde, was nie in ons skool ‘n opsie nie. So Accounting – en dit op hoërgraad – was dit dan nou maar gewees. Ons was baie op ons eie gelos om te werk… maar van werk in ‘n klas sonder air-con met van die grootste praters in ons graad, was daar min ter sprake. 

Daar was ook kerk kampe by Waterberg, Voortrekker kampe op plase met modder damme en iewers was daar ‘n kamp wat ons amper gebreuk het daarbo by Ruacana. (Daai kamp het ek nou die dag ontdek en die herhinneringe was minder soet). Maar ek onthou ook LO periodes op die hitte van die middag en nou voel dit vir my of Otjiwarongo net nooit koel is nie, want al wat ek onthou is die WARM dae. Met al hierdie baie herhinneringe, was Michelle altyd iewers aan die lag of aan die gesels – só dat jy haar van ‘n afstand af gehoor het. Sy is vandag nog só. Aan te gesels met ‘n glimlag gereed om jou dag op te helder. 

Vandag is dit nie meer net Michelle nie. Daar is nou ‘n Riaan, ‘n Mianri en ‘n Benjamin by. En hierdie foto sessie was om Michelle se Ma, tannie Louise, se 60ste te vier. En soos te verwagte, was dit ‘n prettige oggend. As dit nie die son was wat op ‘n Saterdagoggend 7uur besluit het om agter die enigste twee wolke vir myle in te duik nie, dan was dit dorings wat ons hier van onder af gehak-hak het. Twee amper tieners voor ‘n kamera kan ook nogal ‘n challenge met tye wees – veral as dit broer en suster is. (Jissie, het dit my herhinner aan my tiener sussie en ons gekrappery!) Riaan, net soos Michelle, was gereed met ‘n opmerking of drie, en so tussen die konsentrasie om die lig te maak werk, was ek geneig om deur die sessie te lag. 

Dankie vir ‘n heerlike Saterdagoggend saam met julle en dat ek julle familie kon vasvang op hierdie baie spesiale oggend. En Michelle – hoewel ek my 18jarige lyf en energie mis, is ek tog ook maar dankbaar die einde van daardie LO periodes en niks-doen Accounting periodes het aangebreuk. Koffie by Spar is net soveel beter.

 

More Family Goodness

Book now to avoid disappointment: [email protected]

More Beautiful People

CALL ME TO START PLANNING YOUR DREAM PHOTO SESSION

+264 81 389 0244

Don’t miss out on my next blog post