Van Niekerk Familie

Oupa en Ouma Kuiers

As ‘n Ouma jou al so ‘n maand voor die tyd kontak om ‘n fotosessie te boek, dan moet jy weet, hierdie Ouma mean business. Maar tannie Estie het natuurlik goeie rede gehad. Dis nie aldag dat jy beide jou kinders en jou kleinkinders saam onder een dak het nie. Veral nie as Ouma op ‘n plaas bly, boet in Windhoek en sus in China nie. En op hierdie oomblik besef ek, om so ‘n familie foto sessie te organise met kinders versprei regoor die land en soms wêreld – gaan al hoe moeiliker raak.

Ons het die Van Niekerk familie sessie begin met koffie by Ouma Estie se huis. Tyd om die kindertjies te leer ken en om hulle “gewoond” te maak aan my. Daarna het ons gaan foto’s neem in een van die min tuine wat hierdie jaar die ryp oorleef het. Soos maar gewoonte (en verseker die mees prakties), begin ek altyd met die formals. Daai ongemaklike familie portrette wat ons moet neem maar nie altyd voor lus is nie. En ja, hier was maar ook tantrums, trane en ongewillige smiles. Daarna toe maak Ouma Estie daai sak van haar oop – vol verrassings. Ballonne, linte, bubbles en ja – cupcakes. Ek kon eenkant staan en stil-stil elke kind begin afneem om die karaktertjies agter die smiles raak te sien. En hierdie, sal altyd vir my, die kosbaarste van elke foto sessie wees. Daardie dokumentêre foto’s wat ek neem terwyl jy nie bewus is daarvan nie – en veral met kinders, werk hierdie altyd die beste.

Geniet hierdie pragtige familie en onthou om solank jou foto sessie vir die somer te boek.

farm-photosession_outjo_mariette-du-toit-photography

More Beautiful People

CALL ME TO START PLANNING YOUR DREAM PHOTO SESSION

+264 81 389 0244

Don’t miss out on my next blog post