Randall & Naomi | A Bushveld Engagement
naomi-and-randall_engagement-namibia

Randall & Naomi

The story of an Elevator, Cheese and well, Pizza

Dis al amper tyd vir die foto sessie toe dit my byval dat pizza en champagne dalk nie ‘n slegte idee is, só saam met die verlowings foto’s nie. Ek stuur daar en dan ‘n WhatsApp vir Naomi, want as ek nie iets doen die oomblik as ek daaraan dink nie, is dit vergete. Min het ek geweet dat pizza in elk geval op die menu sou wees…

Ons bly bykans al 12 jaar in Otjiwarongo en dis ook hoe lank ek al van Naomi bewus is. Ek het haar as jong tiener in die kerk opgemerk en later net vakansies as sy huis toe kom vir Pa se braaivleis en Ma se kos. Dit was nie baie lank nie, toe kom sy nie meer alleen huis toe nie. Die man het nogal gereeld saam gekom, want my laat besef het – he’s here to stay. Dit was dan ook nie rerig vir my vreemd toe hy met die laaste familie sessie ook in die foto’s is nie… Randall was geensins van plan om te verdwyn nie. Toe Naomi my so twee weke gelede kontak en vra of ek asseblief hulle verlowings foto’s sal neem, was die glimlag breed… I did see this one coming. 

Die sessie…

Vrydagnamiddag so 4uur begin die weste wind kook. Julle, dit waai. Dit klink of dit reën soos die blare en peule op ons dak neerstort. Ek bid maar net dat die wind sy lê kry voor 6uur. Teen 6uur, toe rol die droë takke oor die grondpad soos in ‘n ou western movie… behalwe, ons takke beweeg fast forward… niks gekraak hier nie… die wind stoot!

Ons ry na ‘n plek wat ek vooraf besluit het goed sal werk vir foto’s, maar o wee… die oomblik toe Naomi uit die motor klim, toe verskuif elke haar op haar kop. Met haar mooie, sagte krul hare, besluit ek hierdie wind gaan nie werk vir dit wat ek in gedagte het met Randall en Naomi se foto’s nie. Ons draai om en ek moet kliphard dink waar ons nou moet probeer. Die wind het duidelik geen haas om te gaan lê nie… of dalk het dit?

Onder in ‘n groot gat gaan maak ons ‘n gaatjie oop vir ons. Hier is die wind beheerbaar, maar ek besef, die son gaan my vang. Naomi wil aksie foto’s hê, so Randall skud die 4 nefies tot hulle ogies traan. Ek begin wonder of ek nie verder moet terug staan as daai bottel pop nie. En hy pop… Kyk, daai 4 nefies het die lug ingevlieg en sowaar die mooiste foto’s gemaak. Die piekniek kombers en pizza is reeds gereed en so hoor ek toe die storie van die roltrap, die kaas en die pizza. 

Die storie agter die storie…

Dit was ‘n hittige warm Saterdagmiddag toe Naomi besluit om pizza te maak. Soos baie wafferse kokke spring sy weg met ‘n spoed sonder om te kyk of sy als in die yskas het. Met die afronding besef sy, sy het nie kaas nie. Iewers is ‘n neef wat honger wag vir ‘n pizza en siende hy ‘n motor het en baie honger is, is hy die een wat vir Naomi moet vat om kaas te gaan koop. In die winkel, of dalk al met die ry, besef Naomi – dis warm! Sy wil swem. Terwyl Naomi kaas koop, word neef aangesê om swemplek te soek.

So wag sy en neef dan vir die gekose vriend wat Naomi moet help afkoel…. En ja, dis toe ou Randall wat daar by die roltrap afkom. Nou nie met kaas nie, maar met ‘n kaart na ‘n swembad. Soos Naomi sê, die res is redelik vergete. Maar dat pizza in hierdie twee se storie gevleg is, is baie duidelik, want Randall het ‘n date met ‘n alamintige groot pizza gekies om hierdie meisie te vra om tog maar met hom uit te gaan.

Randall, Naomi – ek sien uit om te sien waarheen die lewe julle twee vat. Mag julle paaie gestrooi wees met heerlike pizza en genoeg kaas. En dalk maar tog ‘n swembad ook.

 

 

Love is in the air

Connect with me on any of the following platforms to book your wedding for 2023

More Beautiful People

CALL ME TO START PLANNING YOUR DREAM PHOTO SESSION

+264 81 389 0244

Don’t miss out on my next blog post