A Sossusvlei Wedding Story | Hans & Ranelda in the Namib Desert

There are places in Namibia that seem designed for stories.
landscape around itimate namib desert wedding

A Wedding in the Desert

Sossusvlei is one of them.

Surrounded by towering dunes, vast open skies and a silence that feels almost sacred, Hans and Ranelda chose the Namib Desert as the place where they would begin their marriage. Family travelled from far and wide to celebrate with them, gathering in one of the most remarkable landscapes on earth.

As a photographer, I often find myself searching for words to describe the desert. The truth is that it rarely fits neatly into sentences. It has a way of making people slow down, pay attention and feel things more deeply.

This story is written in Afrikaans, the language in which it first lived in my heart. It is a reflection on a wedding, a family, and a few unforgettable days spent beneath the ancient dunes of Sossusvlei.

The sections below are written in Afrikaans, the language of this couple's story. The photographs speak for themselves.

Family love in the desert

Dit was seker ook nie regtig 'n familiesessie nie.
Ek het immers my lyf oor die vuurwarm duine gesleep en gehoop dat Eilja se wolkie so groot soos 'n vuis van iewers af sal opkom. Maar tevergeefs. Dit was warm en die genade min.
Ek het my wel verkyk aan hierdie familie wat so oor die duine geklouter het. (Party selfs kaalvoet in daai rooi-warm sand.) Jonk en oud. Almal saam. Een groot familie. Nie een klagte oor die hitte nie. Of oor die ver nie. Eks nie seker of dit FOMO was en of dit rerig 'n familie is wat van saam-doen ken nie. Ek vermoed dis dalk 'n kombinasie van die twee.

Nodeloos om te sê, hier is so paar foto'tjies waar ek dit reggekry het om lank genoeg te fokus om die regte knoppie op my kamera te druk - ek moet seker evidence hê van hierdie Desember familie "sessie" in Dooievlei op die hitte van die dag!

An Intimate Wedding in the Namib Desert

Ek weet regtig nie wat om van hierdie troue te sê nie. Hierdie familie is net anders.

Die samekoms van families. Dat twee families bereid is om so ver oor die grens, na die middel van nêrens, op verlate vlaktes bymekaar te kom, om hierdie twee mense se liefde aan mekaar te vier, sê baie van beide die families en die couple ter sprake. 

Ek kannie eers sê "godverlate vlaktes" nie, want God was hier so teenwoordig soos die wind se ritseling deur ons hare en die sterre aan die hemelruim, toe die son sy krag verloor het. Dit is nie die eerste keer wat ek hier 'n troue afgeneem het nie.

Dit was nie my eerste family shoot of elopement nie. Maar dit was wel die eerste keer wat ek so geanker gevoel het. So tuis gevoel het. So teenwoordig gevoel het. Hans en Ranelda het die laaste een van hul gaste in trane gehad. (Photographer included). Mooier kon dit onmoontlik wees. En die lig... o die lig... dit het golden hour geword, en dit het blue hour geword... maar vir mooier kon ek nie vra nie.

My bene was lam, my oë moeg en droog, maar my hart was vol. Vol dankbaarheid vir die mooi wat ek kon beleef. Vir die mooi wat ek kon afneem. Deel van wees. En die volgende dag moes ek weer oor daai vuur warm duine klouter na bome wat vrek lank al dood is.

Wat is dit met daai bome wat mense so aantrek?

Ek wonder self, want elke keer as ek oor daai laaste bult gestrompel kom, dan gaan staan ek mors dood stil. Van die hitte natuurlik. En die kort asem.

En dan sien ek van voor af... die ongelooflike mooi. 

Planning a wedding or elopement in Namibia? Explore my Namibia wedding and elopement photography guides here.

Ranelda
Dress: The Bridal Room, Pretoria
Ring: Minella
Shoes: Old Khaki ( wat is nou beter vir ‘n troue in die woestyn?!)
Make-up & Hair: Self
Flowers: Flower Garden – Tannie Maureen
Hans
Ring: Silvery South Africa
Watch: Woodish
Leather extras: Oak Leather Clarens
Officiant: Reino Lathleiff
Venue: Desert Quiver Camp
Food: Sossusvlei Lodge – Taleni Africa
Decor: Christelle @ Sossusvlei Lodge
Cake: Esthelle (Bride’s mother)
Thank you gift: Fudge in a jar – Vrek Lekker!

Photographer – Mariette du Toit Photography

You can be either very specific or just give me a date range...
Ask me your questions, tell me about yourselves, what you're envisioning, etc. The more information I have, the better I can help you plan!

How can I tell your story?

follow along...

@mariette_du_toit_photography

Photography

Mariëtte du Toit

I'M A DOCUMENTARY PHOTOGRAPHER — TIMELESS, PERSONAL, EFFORTLESS, AND ENTIRELY YOU.

Sign up to my weird and wonderful email list for updates, information and maybe a beautiful photo.