Photograph the Things You’ll Miss One Day

Vandat ek gesien het, hy sit so, het ek geweet ek moet dit afneem.En vandat ek dit afgeneem het,  lê hierdie foto in my hart.

Elke keer as ek daarna kyk, besef ek hoe vinnig die tyd verby gaan. 

Die vet baba voetjies wat so lekker in die lug geskop het... die eerste stukkende tone, die sagte voetjies wat begin harder word. En nou hierdie voete wat net nooit skoene aan het nie. En net nooit honderd persent heel is nie. 

Ek wens ek kon vir mense op ‘n daaglikse basis  herhinner hoe belangrik hierdie foto’s is. Of jy dit nou self neem of iemand kry om ‘n oggend saam met jou en jou kinders in die huis te kuier, hierdie foto’s is net so belangrik soos die vakansie foto’s, die beplande foto’s, die portrette en selfs die selfies. 

Ek wens ek kon sê ek het genoeg geneem van my eie kinders, maar ek het nie. In ‘n era waar ons oorval word met die visuele, maak seker jou foto’s hang teen jou mure, is gedruk in ‘n boek... is toeganklik. Maak seker jou eie kinders kan hulle foto’s sien en nie net die groter publiek nie.

Maak seker jou memories is op meer as een plek gebêre en nie net digitaal nie. Gee jou kinders ‘n album om deur te blaai van hulle eerste jare en kyk die verwondering op hul gesiggies. Nie op ‘n skerm nie. In ‘n boek. 

En neem daai foto’s wat nie ‘n prys gaan wen nie, maar wat jy vir altyd wil onthou.

Why Couples Choose Sossusvlei For Their Namibia Elopement

Why Couples Choose Sossusvlei For Their Namibia Elopement

Location: 4 min read

Why Couples Choose Sossusvlei For Their Namibia Elopement Before sunrise, the desert is cold. Blue-grey cold. And for a few quiet moments before the dunes catch fire, Deadvlei feels almost sacred. Before sunrise, the desert is cold. Not the kind of cold people expect from Namibia, but the quiet, blue-grey cold that settles into the sand before the ...