
Ek is gegear vir ‘n koue troue. Dit is immers winter. Oppad Münsterland toe, hardloop ek oudergewoonte by Outjo Bakkery in – koffie en ‘n pie is middagete. Dis nie warm nie, maar dis nou ook nie heeltemal koud nie. ‘n Halfuur later stop ek by Münsterland. Dis warm. Nie bietjie nie, dis warm. Ek wonder hoe ek van my lae kan ontslae raak… Ek stap op na die kamer waar ek weet die bruid en haar span aan die mooi maak is. Hier gaan dit jolig. Dit lag en gesels. Stories van eerste kyke, soene en groot liefdes word uitegeruil.
Dis ‘n troue met familie, vriende… naby mense, hartsmense. Van hulle kom al ‘n leeftyd. Ander is nuwer vriende.Tussen die baie gelag is ook trane. Seer oor ‘n Pa en Ma wat nie hier is nie. Dis trane afvee en dan kom die goeie herhinneringe weer en die lag neem oor. Michelle se beloftes is traan mooi, maar Noppie se beloftes laat my naarstigtelik na ‘n tissue soek. En ek is nie die enigste een nie.
Ons het die mooiste lig en heerlikste temperatuur vir die foto’s. Dis baie lag en baie kuier. Ek kry die manne darem so tussen-deur voor die kamera. Maar hier is ook geen skaamte nie. Dis moonshine en pers tone. Dis onverwagse, baardagtige soene en nog ‘n koue bier. Maar ons kry dit reg om almal af te neem.
Die onthaal begin en die manne en dames se voete jeuk. Sommer vinnig is die vloer besig met ‘n geskuifel. Die glase bly vol en die borde is vinnig leeg. Dit kuier en dit lag… inhaal kuiers, nuwe kuiers en ou kuiers. Kort voor lank is dit Noppie se beurt om agter die mikrofoon in te skuif. Dis ‘n groot geraas, baie bubbles en water… maar ook hy maak klaar. En toe word daar gekuier… tot in die ou nag in – soos net ons boere kan kuier.
Ceremony & Reception | Münsterland
Dress | Janita Toerien
Flowers | Flinstone Creations & Salomi
DJ | Charles Coetser
Catering | Elaine Mostert
Rings | Garnet Visagie
Photographer | Mariëtte du Toit
We use cookies to improve your experience on our site. By using our site, you consent to cookies.
Manage your cookie preferences below:
Essential cookies enable basic functions and are necessary for the proper function of the website.
These cookies are needed for adding comments on this website.
Statistics cookies collect information anonymously. This information helps us understand how visitors use our website.
Google Analytics is a powerful tool that tracks and analyzes website traffic for informed marketing decisions.
Service URL: policies.google.com (opens in a new window)
Marketing cookies are used to follow visitors to websites. The intention is to show ads that are relevant and engaging to the individual user.
Facebook Pixel is a web analytics service that tracks and reports website traffic.
Service URL: www.facebook.com (opens in a new window)