Anke se Eerste Verjaarsdag | Cake Smash | Otjiwarongo
anke-word-een_cake-smash_otjiwarongo
Anke-word-een

Anke - 'n Eerste Verjaarsdag

Dit is Saterdagoggend net voor 8uur toe ek die pad van na Karin se huis toe. Dis heelwat vroër as my normale cake smash sessies, maar ons het ‘n missie. Anke se sessie gebeur in die tuin en ons het net tot 9uur om in die skaduwee te werk. Gepraat van druk! 

Als is reg en Anke gaan sit by haar koek. Maar o wee, hierdie prinses wil niks weet van vuil word nie en buitendien is soet nie juis haar voorkeur smaak nie. Dit soebat, dit pleit… maar nee. Sy het geen intensie om haar engelgesiggie vuil te mors nie. En ook reg so. Watter prinses hou nou van vuil word? Na ‘n wyle vat ons die koek weg en tap die bad… En toe smile sy… kyk, daar is nie veel prinsessies wat ‘n heerlike, melkbad kan weerstaan nie. Dit skop en dit lag. Dit kwyl en dit smile. Haar laggie is aansteeklik en die bad is ‘n absolute treffer.

Klaar gebad roep ons die honde nader. Van die balonne wat so kort-kort pop, wil hulle niks weet nie. Na ekstra mooi vra het ons al 2 honde in die foto en ai.. is hulle nie net mooi nie? So uit die hoek van my oog merk ek die eintlike verjaarsdag koek op. Ek maak reg om ‘n paar foto’s van Anke en hierdie koek te neem. Sy laat my baie vinnig verstaan dat hierdie nou ‘n koek vir ‘n prinses is en dat sy heel in haar noppies is. Mamma Karin moet bontstaan om te keer dat die reënboog geëet word. Ek kannie help as om te glimlag nie… hierdie kleine lyfie weet presies waarvan sy hou en waarvan sy nie hou nie… en ek is nie seker dis altyd so maklik nie. Sterkte mamma Karin… Jy mag maar kom afkom as die sterk willetjie jou onderkry… ek het ook so enetjie in die huis. ‘n Blouetjie.

Niks Vuil vir Anke Nie

En toe hou sy van bad...

DANKIE

KOEKE – MELANDIE GABRIELSEN (COOK SISTER

More Cake Smashes

More Beautiful People

CALL ME TO START PLANNING YOUR DREAM PHOTO SESSION

+264 81 389 0244

Don’t miss out on my next blog post