Moria Opskop | Outjo
Moria-Privaatskool
Moria-Privaatskool

Moria Matrieks 2022

Ek volg nogal heelwat Afrikaanse digters en skrywers op Instagram. Heerlike vars kuns en kultuur. Jong Kunstenaars. Mammas, soos ek, wat besluit het om te skryf. Alle daagse geskrifte, ingewikkelde geskrifte en ook hartsnaar-mooi geskrifte. Maar daar is veral ‘n oplewing onder die jonges op Instagram in Afrikaans en ek glo met my hele hart dis skole soos Moria Privaatskool waar Afrikaans nie net ‘n taal is nie, maar ‘n leefstyl, wat die taal weer wakker gemaak het onder ons jongelinge. En dis nogal mooi en spesiaal. 

Die wat my ken, weet dat hierdie skool se matriek afskeid een van die hoogtepunte van my jaar is. Dis harde werk in hogere temperature, maar as hierdie kinders vanaand na tien lostrek op die dansbaan, dan is my beker vol. Daar is min dinge so lekker vir my, soos om na ‘n dans te kyk. En dans, dans hierdie Outjo-boorlinge. 

Hierdie jaar se tema was eg Afrikaans en ons het geplaas tussen windpompe, blikbekers en die vet weet – die lekkerste lekker plaaskos. 

Maar persoonlik was hierdie jaar ook vir my een van die grootste uitdagings wat ek nog gedurende ‘n sessie gehad het. Tussen gear wat net nie wou saamwerk nie en skielike donderweer wolke wat die donker baie vroër gebring het, was my senuwee-draad papier dun. Soos elke jaar dat ek nog die voorreg gehad het om hier foto’s te neem, is ek verwelkom. Ou gesigte. Nuwe gesigte. Met oop arms. Dit voel elke keer soos om huis toe te kom. En dit het meer gehelp vir die senuwee draad as wat enigiemand ooit sal weet. 

Hier is maar ‘n kort uittreksel uit die aand se foto’s. Dit was sonder twyfel, tegnies, my moeilikste event nog.

Geniet hierdie mooi kinders. 

Etotongwe Cocktails

Arrivals

Moria-Matriek_Afskeid_Mariette-du-toit-photography

Etosha Corner & Juffrou Naomi le Roux

Die Opskop

Pre-drinks – Etotongwe

Venue & Kos – Etosha Corner

Decor – Naomi le Roux & Graad 11’s

Graad 11’s Klere – Horing

Fotografie – Mariëtte du Toit

More Beautiful People

CALL ME TO START PLANNING YOUR DREAM PHOTO SESSION

+264 81 389 0244

Don’t miss out on my next blog post