cake smash otjiwarongo

Leah | 'n Eerste Verjaarsdag

Dis ‘n koelerige Saterdagoggend, maar Karola verseker my Leah is in ‘n goeie luim – ons kan voortgaan. Ek maak gou die finale goedjies reg voordat ons vir Leah bring vir haar tweede groot foto sessie. Ek word so terloops herhinner aan haar eerste een – ek en JP het maar swaar deurgeloop, hoewel ek defnitief aan die kortste end getrek het. Vandag waag ek niks sonder ‘n doek nie!

Of Leah hou nie van my kamera nie, of dis te koud… maar die smiles is onmiddelik weg. Hierdie kleine feetjie is niks gelukkig met ons idee van ‘n foto sessie nie. Ek blaas die aftog en begin die bad regmaak… en skielik is alle smiles terug. Kyk – dit SMILE, dit skop en dit speel. Na ‘n heerlike warm bad sessie, poog ons vir nog ‘n paar familie fototjies en toe is hierdie sessie wat so lank aan die beplan is ook op ‘n einde. Siende dat daar so baie koek oor is, sny ons toe maar ‘n sny of drie en drink koek en koffie – wat is dan nou in elk geval beter as koek en koffie so vroeg op ‘n Saterdagoggend?

Liefste Leahtjie – jy het my nog elke keer ‘n run for my camera gegee… jy maak dit nie vir my maklik nie, want jou wil en myne is gewoonlik ewe sterk en aan weerskante van die draad. As ek so na dinge kyk, gaan jy jou bedrywige mamma nog besiger hou en jou rustige pappa ‘n paar drafskoene en dalk ‘n geweer ook laat koop. Mag jy nooit hierdie wil van jou verloor nie, want waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg… En in vandag se lewe het ons meer as net ‘n mooi uitkyk op die lewe nodig om bo te kom. Met jou wil is ek oortuig dat jy vir jou ‘n pad boontoe gaan veg. Mag Jesus jou lig en baken wees, en mag jou sterk wil jou altyd dwing om op sy weg te loop. 

Wees Geseënd liewe Leah!

Thank You

Cake | Melandie Gabrielsen – Cook Sister

More messiness

namibian-wedding-photographer_mariette-du-toit
More Beautiful People

Don’t miss out on my next blog post