STORIES FROM THE CITY
A Droombos wedding in Windhoek
DROOMBOS
Lambert & Marlize
A December wedding, the most beautiful bride and a thunderous sky...
THE STORY
DROOMBOS · 14.12.2024
P. 02
garden.
——→ Lambert & Marlize · Droombos, Windhoek
As Sossusvlei ’n droomlandskap is, is Droombos ’n droom venue.
Lambert & Marlize se troue op Droombos was ’n droom om te kon afneem. Droombos bied soveel foto-opsies vir ’n fotograaf dat dit bykans onmoontlik is om te kies wat om te los en wat om te vat.
Hierdie spesiale dag is ook geseën met die mooiste weer en wolke. Reën is vir elke Namibiër ’n blessing, behalwe vir ’n wedding vendor. Maar later meer hieroor!
a dream to photograph
Venue
Droombos, Windhoek
Date
14 December 2024
Dress
Ria Honiball
Weather
Reën, die seën
DROOMBOS
DROOMBOS · 14.12.2024
P. 03
Bome om oor stories te skryf.
alles en nog ’n bietjie
Bome om oor stories te skryf, mure wat van tyd getuig, wingerde om in te wandel, grasperke so ver soos wat die oog sien: hier is alles en nog ’n bietjie.
Droombos doen ook die dekor en kos. ’n Venue wat alles voorsien is gesog en nie altyd so maklik bekombaar in Namibië nie. So hier is ’n plek so na aan die fotograaf se hart as wat kan kom, en die bruid kan net beplan en droom oor haar groot dag.
En natuurlik was die kamers net so mooi en stylvol soos buite, en kon ek net neem sonder om te veel rond te skuif.
FIRST LOOK
P. 04
——→ Droombos wingerd
First
look.
Lambert & Marlize · Voor die seremonie
Met ’n First Look kry die bruidegom kans om sy trane te laat loop.
As ek jou nog nie oortuig het om ’n First Look te doen nie, kontak my, en ek vertel jou van die wonders daarvan. Beide my laaste twee troues van 2024 het besluit om hierdie “omstrede” geleentheid aan te gryp, en as ek so na die foto’s kyk, is ek nie vir een oomblik spyt oor my aandeel daarin nie.
Hy kan sy bruid bewonder met groot oë en sy mooiste woorde net vir haar sê. Sy kry die geleentheid om vir hom te sê hoe sy voel, haar diepste drome vir hulle saam, en alles in privaatheid. Hoe spesiaal is dit nie?
Los die tradisionele beloftes vir die kerk en die dominee. Maar doen hierdie, en ek kan jou waarborg jy gaan dit tot die dag van jou dood onthou.
THE CEREMONY
DROOMBOS · 14.12.2024
P. 05
Onder oeroue bome.
tot niemand huis toe wou gaan nie
Na ’n emosionele First Look, die eerste familiefoto’s en kosbare oomblikke, was dit tyd vir die troueseremonie. Lambert & Marlize het baie vroeg op die Saterdagmiddag getrou, en hoewel dit aanvanklik vir my vreemd was, het dit uitstekend gewerk, veral met ’n venue soos Droombos.
Na die formaliteite afgehandel is, het die kuier begin. Op groen grasperke onder oeroue bome is ou bande opgetel en nuwe vriendskappe gevorm. So tussen die geselsies deur is die toesprake gedoen, die familiefoto’s geneem en die koek gesny.
“
Hier is gekuier tot niemand meer wou huis toe gaan nie.
PHOTO ESSAY
DROOMBOS · 14.12.2024
P. 06
Net die twee.
En toe almal nou mooi gesels en so ampertjies vergeet van die bruid en die bruidegom, kon ek hulle steel en ons kon Droombos na hartelus verken.
ek het hulle gesteel
RECEPTION
DROOMBOS · 14.12.2024
P. 08
Reën, die seën.
Grease Lightning!
Ons hou van reën. Elke bruid in Namibië weet dat dit ’n seën is as dit op jou troue reën. Ons werk dit in ons beplanning in. Ons is reg daarvoor… wel, ons hoop ons is.
Met die terugkomslag by die gaste is dit duidelik dat dit nie meer ’n buitelugtroue gaan wees nie. Dit dreun rondom Windhoek en druppels begin swaar val. Die kroeg hou aan besigheid doen, want daar is ’n afdak. Maar die tafels se skuif is minder spoedig, en die immer gewilde Naomi, met ’n dekade se matriekafskeide op haar naam, spring in en alles word oorgedoen, hierdie keer onder dak.
En toe begin die kuier… die eintlike kuier. Die litte is reeds ontspan en die spore op die dansbaan begin sommer vinnig. Grease Lightning-moves, Footloose en ’n bietjie Outjo is aan die beweeg, en almal is dit eens: dis ’n makietie om te onthou.
“
Dis ’n makietie om te onthou.
THE VENUE
DROOMBOS · 14.12.2024
P. 09
——→ A local photographer’s notes
Droombos as a wedding venue.
Droombos is a family-run guest farm, restaurant and wedding venue just outside Windhoek, known for its vineyard, old trees, stone walls and green lawns. It is one of the few venues in Namibia that does the décor and the catering itself, so couples can plan with one team.
| The venue | What it offers | Why it matters |
|---|---|---|
| Where | About 3 km east of Windhoek on the B6, in the foothills of the Auas Mountains | close to town and the airport road |
| Ceremony | A chapel on site, or outdoors on the lawns and under the old trees | pick both and decide on the day |
| Reception | Open-air under the trees, or the banquet hall under roof | your rain plan is built in |
| Décor & food | Done in-house by Droombos, with its own restaurant and bar | one team, fewer suppliers |
| Stay | Around 25 rooms: suites, farmhouse rooms and vineyard rooms | book early for December |
Where I take couples for portraits
The vine tunnel and the walk through the vineyard, the stone walls and wooden doors, the arched gateway and the big trees on the lawn. The rooms are styled well enough for getting-ready photos without moving furniture around. In summer the storms build in the afternoon, so I plan portraits around the clouds rather than the clock.
my favourite corner: the vine tunnel
THE CREDITS
DROOMBOS · 14.12.2024
P. 10
Die span.
dankie, almal!
Dress
Ria Honiball
hoe ongelooflik is dit!
Rings
Leonie Delport Goldsmith
Make-up & hair
Sanette van Rensburg, Soul Beauty
Flowers & décor
Droombos
Venue & food
Droombos
Officiant
Andre Nel
DJ
Eunice Esterhuysen, DJ for Hire
Photographer
Mariette du Toit
QUESTIONS
DROOMBOS · 14.12.2024
P. 11
Planning a Droombos wedding?
Q.Where is Droombos?
A.Droombos is about 3 km east of Windhoek on the B6, in the foothills of the Auas Mountains. It feels like the countryside, but it is only a short drive from town.
Q.Can our guests stay at Droombos?
A.Yes. Droombos has around 25 rooms, from suites to farmhouse and vineyard rooms. December weekends book up early, so reserve rooms for family as soon as your date is set.
Q.What happens if it rains?
A.December is the rainy season in Windhoek and afternoon storms are common. Droombos has a chapel and a banquet hall under roof, so plan an indoor option from the start. At Lambert & Marlize’s wedding the reception moved inside in minutes and the party only got better.
Q.Does Droombos do the décor and catering?
A.Yes. Droombos supplies the décor, flowers and food in-house, which is what Lambert & Marlize chose. It means fewer suppliers to coordinate.
Q.What time is best for photos at Droombos?
A.An earlier ceremony works well here. It leaves time for family photos while guests visit on the lawns, and for 20 to 30 minutes of portraits with just the two of you in the vineyard and under the trees later in the afternoon.
Q.Do you photograph weddings in Windhoek?
A.Yes. I am based in Walvis Bay and photograph weddings all over Namibia, Windhoek included. Send me your date and venue and I will send you my wedding guide with what is included.


