Festus and Michelle | ‘n Somer Troue | Outjo
Festus & Michelle

Festus and Michelle | 'n Somer Troue | Outjo - Münsterland

Hierdie troue het met ‘n langpad gekom… Amper solank as wat ek al vir Festus ken. 

Festus en Michelle ken mekaar al van 2012 af, maar die liefde het eers in 2016 begin blom. En toe hul uiteindelik begin trou praat, het hulle ook dinge agterstevoor om gedoen. Die verlowing het eers na die venue se geboek gekom. (Verlowings Foto’s) Wat die res betref, was dit ‘n boere troue. 

‘n Warm, boere troue. Warm, want dit was drukkend warm. Die tannies se battery-aangedrewe-waaiertjies se gôe was al uit halfpad deur die diens. En toe loop daar strome van seën. En dit was warm, want die Outjo-gemeenskap se harte is kookwater warm en hul voete nog warmer as hul die dansvloer tref. 

Tussen die liters water (en ander dinge) wat daardie Saterdag gevloei het, is daar baie gelag, want Festus het so ampertjies weggekom tussen die laaste toespraak en die tafelgebed met sy bedankings, daar is ook maar baie trane afgevee want oom Fes se stoel was tasbaar leeg. En dan was daar die ou wat niemand eintlik geken het nie, maar die heel hardste gehuil en gelag het – altyd in die tussen poses. 

Die kos was lip-aflek lekker en die musiek het tot lank na slaaptyd deur die Ugab Terrasse gewaai.

Maar voordat ek nou self ‘n traan kraak, hier is Mnr & Mev Van Der Westhuizen se groot dag!

‘Photography for me is not looking, it’s feeling. If you can’t feel what you’re looking at, then you’re never going to get others to feel anything when they look at your pictures’.
Don McCullin.
Documentary Photographer

Dress – Own Resource

Florist – Salome Visser
Hair – Scissorise – Laura 
Make up – Floraine Prinsloo

Dj – half jack
Canapes – Hanlie Visser
Table decor – Salome
Spit – Dawid Koen
Bykosse – Hanlie Visser


Festus se klere –  Old Khaki
Verloofring – Viljoen Juweliers 
Pante – Adrian & Meyer

black cocker spaniel

About Mariëtte


A documentarian at heart with a deep love for words, I find myself craving to create a world where my photography compliments my words and vice versa. 

When I am not behind the camera, I am behind my laptop – creating. And when I am not creating – depending on the time of day – you can find me on our porch with a cup of coffee or a glass of Chenin blanc, chatting to the three boys in my life about everything from electromagnets to the swimming class of earlier in the day. 

That’s me in a nutshell and I would love to be part of your story.

Get in touch!

Weddings

rossouw-and-chaundre_outjo-namibia_wedding-photographer_mariette-du-toit-photography
Rossouw & Chaundre | Etosha Corner
namibian-wedding-photographer_spitzkoppe-namibia_mariette-du-toit-photography
Ben & Silje | Spitzkoppe
More Beautiful People

CALL ME TO START PLANNING YOUR DREAM PHOTO SESSION

+264 81 389 0244

Don’t miss out on my next blog post