Marichelle & Jano | Moria Matriek Afskeid | Outjo
marichelle-en-jano_outjo-mariette-du-toit-photography

Marichelle & Jano

Hierdie twee vriende is so uiteenlopend soos dag en nag, maar dit werk. Marichelle met haar amper-donker sin vir humor (ek is seker sy is die tipe, soos ek, wat gaan lag as iemand in ‘n honde slagyster trap), en haar uitgesproke opmerkings het my keer op keer laat snak na my asem. Jano, aan die kant, is ietwat stil teenoor Marichelle. Of dit net voor die kamera was, sal ek nou nie weet nie.. maar saam, balanseer hulle mekaar nogal mooi uit.

Marichelle – mag jou pad vorentoe gesaai wees met diep -maag-skater lag geleenthede. Mag jy vind waarna jou hart soek en jou sê-goed nooit opraak nie.

Jano, vir jou lê nog ‘n jaar van ma-se-kos voor, baie ure agter die boeke en ‘n rugby veld waar jy tuis is. Gaan voluit en geniet elke oomblik.

Voorspoed!

marichelle-en-jano_outjo-mariette-du-toit-photography

Thank You

Friends & Couples

rainer-and-mia
More Beautiful People

CALL ME TO START PLANNING YOUR DREAM PHOTO SESSION

+264 81 389 0244

Don’t miss out on my next blog post