Weddings | Behind the Scenes (2)
blog cover

Agter die skerms | Behind the scenes


Troues kan beautiful wees… ‘n geleentheid waar twee families wat mekaar al jare ken, uiteindelik een word en dit saam kan vier. Dikwels is dit egter die ander kant van die munt – twee families wat net mooi niks in gemeen het nie, wat saamkom. Hierdie is die aksie-volle troues. Die troues wat my dikwels sonder ‘n woord los of heeltemal uit my gemaksone pluk.

Met een so ‘n troue het ‘n Pa sy dogter uit die motor gehelp en toe vergeet om haar in die kerk in te vat. Toe sy hom terug roep en hy stap met ongemak die kerk binne, los hy haar voor die kansel soos wat ‘n mens ‘n koue koppie koffie los. Die oomblik toe hulle by die bruidegom kom, toe draai hy om en mik vir sy stoel… en hier staan die arme bruid met haar “veil” en die bruidegom ongegroet.

By nog so ‘n troue vergeet die bruid om my te sê dat sekere familie nie saam afgeneem mag word nie. Nou ja, toe die tyd vir familie foto’s aanbreuk, begin ek met my gewone groeperings wat ‘n hele paar interessante opmerkings en giggels veroorsaak – en hier staan die arme fotograaf met ‘n mond vol tande.

Tydens die seremonie van ‘n ander troue, het die bruid en bruidegom vergeet om vir die seremonie meester te sê dat vuil grappies nie aan die orde van die dag by die hele gehoor sou wees nie. Dit was ook nie lank nie, toe sien die eerste vuiletjie die lig. En hier, letterlik, lag net die een helfde van die gehoor. Letterlik. Die een helfde verstaan nie hoe ‘n mens vir sulke grappe kan lag nie en die ander helfde verstaan nie hoe ‘n mens nie daarvoor kan lag nie. ONGEMAK!

En terwyl ons nou by die toepsrake is… maak seker die manne in die gehoor weet of hulle mag grappe maak tydens die bruidegom se toespraak… Hier het ek al ‘n bruidegom sy moer sien strip (sonder ‘n spanner) omdat sy maters gedink het dis iets wat by alle troues moet gebeur en hy eenvoudig uit die saal uitgeloop het. (Vir die Afrikaanses wat hier lees – dit gebeur nie by alle troues nie en as dit nie gebeur nie, het die bruidegom gewoonlik ‘n stunning, heartfelt speech!)

En dan, aan die heel ander kant van die spektrum, was ek al by ‘n troue, waar die toesprake in ‘n preek opgeiendig het en drie ure later, toe almal wil uitpass van die honger (fotograaf ingesluit), toe sê die oom, AMEN.

Volgende week grawe ek dieper.

“I am not interested in shooting new things – I am interested to see things new.”
Ernst Haas
Documentary Photographer
black cocker spaniel

About Mariëtte


A documentarian at heart with a deep love for words, I find myself craving to create a world where my photography compliments my words and vice versa. 

When I am not behind the camera, I am behind my laptop – creating. And when I am not creating – depending on the time of day – you can find me on our porch with a cup of coffee or a glass of Chenin blanc, chatting to the three boys in my life about everything from electromagnets to the swimming class of earlier in the day. 

That’s me in a nutshell and I would love to be part of your story.

Weddings

rossouw-and-chaundre_outjo-namibia_wedding-photographer_mariette-du-toit-photography
Rossouw & Chaundre | Etosha Corner
namibian-wedding-photographer_spitzkoppe-namibia_mariette-du-toit-photography
Ben & Silje | Spitzkoppe
More Beautiful People

CALL ME TO START PLANNING YOUR DREAM PHOTO SESSION

+264 81 389 0244

Don’t miss out on my next blog post