Weddings | Behind the Scenes
night scene at wedding

Agter die skerms | Behind the scenes

Ek sit nou die aand en gaan deur die naweek se trou foto’s en besef, daar is só baie wat by ‘n troue gebeur waarvan net ek weet. En ek begin dink aan al die staaltjies en dinge oor die laaste 10 jaar. Hierdie is dus oneinding subjektief, maar dis ervarings eie aan die troue’s wat ek al afgeneem het. ‘n “Behind the Scenes” in waarnemings, if you will.

(Die foto’s in die blog is nie gekoppel aan die spesifieke stories nie!)

Baie jare terug stap ek by ‘n haarsalon in om die bruid vir die eerste keer te ontmoet – iets wat ek nou probeer vermy. Dis ‘n ongemaklike ontmoeting so deur die geblaas van haardroërs en warm krultange. Halfpad deur die gesels besef ek die pragtige jong meisie voor my is die bruid se sussie en dat die bruid met pluisies in haar ore agter my sit… oeps!

Ons ry later uit na die lodge waar die dames aantrek. Die kamer is ‘n safari tent, wat almal ‘n safari-kleur-vel gee op die foto’s. Maar die trou-rok is beautiful. Dis die mooiste satyn en krale werk. Almal wat my ken, weet ek weet net mooi niks van ‘n stukkie lap en gare nie, maar my kop sê vir my, hierdie rok is nogal fyntjies. Ek vra baie mooi en beskeie aan die bruid of sy ‘n aanpassing gehad het voor die troudag – ja, drie maande gelede. Die rok was ‘n biejtie “tight” en sy wou gewig verloor, maar nou ja, dinge het gebeur…. Needless to say, ‘n halfuur later word daar toe met naald en gare knope vasgewerk want daai beautiful satyn en kraletjies wil toe nie stretch nie…

Een van die mooiste troues wat ek nog afgeneem het, was in die Caprivi. Lower groen met ‘n rivier in die agtergrond. Maar dit was ook ‘n uiters eventful troue. Ek besluit om deur die lodge te stap oppad na die buid se kamer op die heel verste hoek van die lodge. Oppad soontoe moet ek oor bruggies en opgeboude paaidjies stap. Dis nie lank nie en ek besef die geritsel in die gras is nie akkedisse nie, maar slange. Baie braaf haal ek my kamera uit om een te probeer afneem en daar spoeg die vervloeksel my. Genadiglik was die dames in die kamer baie rustiger en kon ek sonder voorval verder afneem.

So sonder voorval dat die bruid vroeg was… Was jy al ooit by ‘n troue waar die gaste betyds was, want die bruid is mos altyd laat? Dis nogal ‘n gedoente om ‘n honderd gaste op hul plekke te kry as die bruid sit en wag!

Tydens die dominee se nogal lang preek, besluit die seekoeie onder in die rivier om hul natuurlike drange te bevredig. Hoewel die “gemeente” nie onder in die rivier kon sien nie, was die geluide ‘n goeie aanduiding van wat aan die gang was… ek twyfel of enige iemand die preek kan onthou.

Ek laat julle dan met hierdie brokkie – ek was ook al by twee troues waar die geagtes tydens die toesprake ‘n geheim verklap het… genadiglik gaan dit die meeste van die tyd bo-oor die gaste se ore. Maar maak maar seker almal weet wat hulle mag en nie mag sê nie.

Tot volgende week!

" A wedding day would happen, even without a photographer. What naturally unfolds in this version is exceedingly underestimated. "
Tracy Jade
Documentary photographer
behind the scenes
black cocker spaniel

About Mariëtte

 

A documentarian at heart with a deep love for words, I find myself craving to create a world where my photography compliments my words and vice versa. 

When I am not behind the camera, I am behind my laptop – creating. And when I am not creating – depending on the time of day – you can find me on our porch with a cup of coffee or a glass of Chenin blanc, chatting to the three boys in my life about everything from electromagnets to the swimming class of earlier in the day. 

That’s me in a nutshell and I would love to be part of your story.

More Beautiful People

CALL ME TO START PLANNING YOUR DREAM PHOTO SESSION

+264 81 389 0244

Don’t miss out on my next blog post