50ste Verjaarsdag | Otjiwa Lodge – Otjiwarongo
50th-event_otjiwa-lodge_mariette-du-toit-photography
50th-event_otjiwa-lodge_mariette-du-toit-photography

Hennes Familie & Vriende Kuier - Stilte na die Storm

Ek ry Saterdagnamiddag Otjiwa toe vir ‘n 50ste Verjaarsdag terwyl ek die wolke met groot oë dophou. Ek kan sommer sien, hier kom ‘n ding. Ek was skaars uit die dorp, toe sak dit neer. Dit reën vir jou dat my wipers krom staan soos hulle druppels laat swaai. Maar dis nie die reën wat my wakker hou nie, dis die weerlig wat voor my kort-kort oor die pad dans. Ek wil my self troos dat die bakkie my veiligste hawe is, maar blykbaar is dit ook nou nie meer waar nie. 

Op Otjiwa reën dit nie met my aankoms nie en ek kan darem eers ‘n minuut of wat asem skep voor ek begin werk. 

Met die intrapslag besef ek  – Otjiwa is nie meer Otjiwa nie. Die veranderinge is BEAUTIFUL! En ek kan myself nie keer nie – ek wil als net afneem. Maar daar is nog iets waarvoor ek onvoorbereid is. Ek en Jenny het so woerts-warts per WhatsApp kommunikeer en sy het my geboek danksy ‘n verwysing. So ons ken mekaar glad nie. Hier op die platteland is die meeste verjaarsdae maar informeel en omdat ook hierdie geleentheid buite op die stoep is, was ek gegear vir informeel. Dit het my ‘n hele vyf sekondes gevat om te besef – oh-oh. This isn’t informal. And this certainly isn’t platteland like we know it. 

Ek het net aan die werk gespring, toe tref die eerste blou weerlig die grond. Een van die gaste spring soos sy skrik, en ek is stil-stil dankbaar dis nie net my hart wat bokspring nie. Op my informele voet probeer ek die beste maak van die geleentheid en geniet hierdie stedelike geselskap so van agter my kamera af. Met die neem van die groep foto’s raak Otjiwa grys. Dit reën so dat ek skaars my eie tellings kan hoor. Gelukkig is Otjiwa se nuwe restaurant so mooi, ek kan veilig onder ‘n dak voortgaan met my taak.

Teen die einde van my sessie het reën bedaar, die weerlig verder suid geblits en kon die Hennes ‘n ongelooflike mooi aand in die bosveld geniet saam met vriende en familie. 

 

Events & Weddings

More Beautiful People

CALL ME TO START PLANNING YOUR DREAM PHOTO SESSION

+264 81 389 0244

Don’t miss out on my next blog post