Viljoen Family | An In-Home Lifestyle Session

Outjo, Twee Seuntjies en 'n Swart Kat

Meer as vyf jaar gelede het ek hierdie gesin vir die eerste keer afgeneem. Hulle was nog net AW en René en het uitgesien na hul eerteling se geboorte. Dit was ‘n laatnamiddag foto sessie tussen stof en bees en nog steeds een van my gunsteling sessies. 

Nou is kleine William al ‘n alamintige vyf jaar oud en ‘n ouboet. Hy pas lankal nie meer in sy Newborn Batman pakkie nie en hulle is nou ‘n gesin van vier en nie drie nie. 

En soos elke ander keer was hierdie ook ‘n wenner van ‘n fotosessie – en natuurlike is ek mal oor lifestyle sessies en as dit nog ‘n newborn sessie is – wel, dan spring ek sommer oor die maan. Om ‘n gesin so te sien groei bly ‘n ongelooflike groot voorreg. Een waarvoor ek net nooit genoeg kan dankie sê nie.

Dankie AW en René vir julle ondersteuning so oor die jare heen. Ek is nie seker nie, maar ek dink amper julle is my mees lojaalste Outjo kliënte – en dis nogal ‘n feat!

 View More Namibian Goodness

More Beautiful People

CALL ME TO START PLANNING YOUR DREAM PHOTO SESSION

+264 81 389 0244

Don’t miss out on my next blog post