Erasmus Family | Beach Photo Session | Jeffreys Bay
beach-family-photo-session_namibian-family-photographer_mariette-du-toit-photography

Dit is weer ‘n baie vroeg oggend en hierdie keer is ek nog voor 6 op die strand. Met die aanry slag weet ek al – dis ‘n anderste mooi oggend wat vir my wag. Die mis lê laag oor die lagoon. Diep laag. Elke keer as mense van my af begin wegstap, verdwyn hul in slierte en dit lyk soos ‘n Jack Vettraino skildery. Ek gryp onmiddelik my kamera en begin neem. Dis darem net te mooi om net te sit en koffie drink.

Die Erasmusse wag reeds vir my toe ek besef iemand probeer my aandag trek. Dis ‘n vakansie foto sessie. Hulle kom van vêr, ek kom van vêr. Hulle kom van die platteland, ek kom van die platteland. Dis ‘n gemoedelikke sessie met ‘n tipiese 2-jarige in die mix. Die 2-jarige maak ongelooflike mooi foto’s en voor ons ons kan kry, is die sessie op sy rug.

Jo-Marie, dankie dat jy hierdie buitelandse fotograaf sommer so op Facebook geboek het. Nou kan jy foto’s van ‘n Namibiese fotograaf raam en teen jou mure hang.

More

#emdt

beauty

More Beautiful People

CALL ME TO START PLANNING YOUR DREAM PHOTO SESSION

+264 81 389 0244

Don’t miss out on my next blog post