Weddings | Behind the Scenes (3)

Agter die skerms | Behind the scenes

 

Ek sit gister en vertel vir iemand van troues en reën, en onthou net daar nog ‘n storie. Dis Paasnaweek en die wolke hang swaar oor Otjiwarongo. Met ‘n sug van verligting dink ek die troue is mos op ‘n plaas Omatjene se kant toe. Na die seremonie op die dorp ry ons uit plaas toe vir die foto’s en die onthaal en ek dink nog by myself dat dit nie ‘n grondpad is wat ek graag nat sal wil ry nie.

 

Ons begin met die paartjie en gevolg se foto’s en die weer gee vir ons ‘n skouspel. Dis donderweer-donker-blou. Die strooijongens is soos bokke na die reën, hulle spring en pronk sover hulle gaan. Hulle het soveel energie dat ek hulle vra om vir my ‘n paar skaap lammers te vang – en daar het ek van my gunsteling foto’s ooit.

 

Daarna verlaat ons die gevolg en ry in ‘n opgeboude Ford F250 na ‘n rotsagtige omgewing. Ek sien al die foto’s in my agterkop, en dit stel nie teleur nie, maar die reën vang ons… en dit gooi. En dit gooi. En dit gooi. Dit hou nie op nie. Nou ja, dit reën so dat ek ‘n klong moet vra om my motor uit die modder parkering te moet reverse… want Mariëtte het nie front wheel driving nie. En toe tref ons die grondpad huis toe… Teen 20km/h ry ek toe gly-gly huis toe… Enetjie wat ek nie wil oordoen nie.

 

Dit laat my aan ons eie troue dink. Dis 2011 en dis die beste reënjaar in Namibië se boeke. Dit reën so dat teen einde April, toe reën dit nog steeds. Ons beplan ‘n oggend troue, want die kans vir reën is minder. Ek word 5uur die oggend wakker en dit reën. Oom Jan met my trou motor laat weet – elke rivier loop – hy kannie by Okapuka uitkom nie. Nou ja, ek ry toe met my eie Golf tot by die troue waar die lodge se bakkie ons deur die rivier ry… opwinding! Ek is redelik seker ek is een van baie min Namibiërs wat kan sê dat hul trou foto’s n dam en ‘n waterval op het.

 

En net hierom, is ek nooit bang vir reën op ‘n trou dag nie. Reën bring skoon lug, die mooiste, varste kleure… En hier, in hierdie land, hier sê ons dankie vir reën. Selfs op ‘n troue. Al beteken dit ek moet gly-gly huis toe ry.

“I never knew what I was doing until I was done.”
Man Ray
Documentary Photographer
black cocker spaniel

About Mariëtte


A documentarian at heart with a deep love for words, I find myself craving to create a world where my photography compliments my words and vice versa. 

When I am not behind the camera, I am behind my laptop – creating. And when I am not creating – depending on the time of day – you can find me on our porch with a cup of coffee or a glass of Chenin blanc, chatting to the three boys in my life about everything from electromagnets to the swimming class of earlier in the day. 

That’s me in a nutshell and I would love to be part of your story.

Weddings

Namibia Elopement Session _ mariette-du-toit-photography
Niklas & Jessica | Munsterland
Noppie-and-Michelle_Munsterland-Namibia_mariette-du-toit-photographer
Noppie & Michelle | Munsterland
More Beautiful People

CALL ME TO START PLANNING YOUR DREAM PHOTO SESSION

+264 81 389 0244

Don’t miss out on my next blog post